Lugaanval in Ethiopië dood 26
Die Ethiopiese Menseregtekommissie het kommer uitgespreek oor voortslepende aanvalle op burgerlikes. Dit volg nadat minstens 26 mense dood is in ‘n lugaanval op ‘n besige dorpsplein in die land se Amhara-streek. Dit is die jongste voorval van geweld in die land se tweede grootste staat, waar guerillastryders en die weermag slaags raak. Volgens berigte was lede van die Fano-etniese burgermag die teiken, maar talle omstanders is ook getref. Die kommissie eis dat die strydende partye onmiddellik alle vermeende oortreding van menseregtewette staak.
Leave a Reply