Rugby: Siya lei Springbokke Saterdag teen Wallis
Rugby: Die Springbok-kaptein, Siya Kolisi, asook Ox Nché en Jaden Hendrikse, maak Saterdag hul eerste toets-verskynings hierdie jaar wanneer Suid-Afrika vir Wallis in Cardiff aanpak. Kolisi en Nché is terug ná beserings terwyl Hendrikse terugkeer ná ‘n gesins-verlies. Die hoofafrigter, Jacques Nienaber, het ‘n ervare kombinasie saamgevoeg, terwyl hy probeer om momentum en samehorigheid in sy groep vir die Wêreldbeker-toernooi te begin bou. Hy het 11 veranderings aangebring aan die opdrafspan wat Argentinië twee naweke gelede in Buenos Aires 24-13 geklop het.
Leave a Reply