Dr. Steytler: Informele sektor moet ontwikkel word
Die bekende Namibiese ekonoom, dr. John Steytler, sê geld is nooit ‘n towerstaf nie. Met die ontleding van die Namibiese BBP, word waargeneem dat ongeveer ‘n kwart, of 24,7 persent van die ekonomie, informeel is. Hy sê Namibië moet realisties wees en verstaan dat die mense wat in die informele ekonomie werk, nie skielik deel van die formele en belasting-betalende ekonomie sal word nie. Steytler meen slegs deur indiensneming en om hulle aan die olie- en hernubare energie-sektore te laat deelneem, kan elke Namibiër opgehef word. Hy sê daar moet by die mees gemarginaliseerde gemeenskappe begin word. Steytler maan Namibië moenie selfvoldaan raak en glo dat net omdat daar potensiële olie- en groenwaterstof-inkomste is, ons kan terugsit en kyk hoe Namibië vanself ontwikkel nie. Black Business Leaders Network se uitvoerende hoof, Elifas Simon het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sy reaksie op Steytler se mening gegee…
Leave a Reply