EU, Duitsland help kommunale boere met infrastruktuur
Die Europese Unie en Duitsland deur die KfW Ontwikkelingsbank verskaf ontwikkelings-ondersteuning aan Namibiese landbouministerie se Program vir Kommunale Grond-ontwikkeling. Die minister Calle Schlettwein, en verteenwoordigers van die ontwikkelings-vennote oorhandig vandag infrastruktuur ter waarde van 23,8 miljoen Namibiese dollar aan kommunale boere van Amarika in die Omusati-streek. Dit is geoormerk vir 40 000 hektaar kommunale grond om infrastruktuur vir lewendehawe te ontwikkel. Dit sluit onder meer in 74 boorgate, 169 kilometer se waterpypleidings, heinings van 877 kilometer en 20 bees-hanteringsgeriewe.
Leave a Reply