Geweld op Niger se grens, 17 soldate dood
Die Ekonomiese Gemeenskap van Wes-Afrikaanse State het die aanvalle deur gewapende groepe in Niger wat tot die dood van verskeie Nigerse soldate gelei het, veroordeel. Die ministerie van Verdediging in Niger het bevestig minstens 17 soldate is dood in ‘n Islamitiese militante aanval in die Tillabéri-streek, naby die grens met Burkina Faso. Nog 20 is beseer. Dit is die sewende aanval op die land se magte sedert militêre offisiere die regering drie weke gelede omvergewerp het. Die gemeenskap vra dat grondwetlike orde na Niger moet terugkeer.
Leave a Reply