Keetmans se groentetuin ‘staan stil’, gemeenskap plunder – Kosmos 94.1

Home Uncategorized Keetmans se groentetuin ‘staan stil’, gemeenskap plunder – Kosmos 94.1
Keetmans se groentetuin ‘staan stil’, gemeenskap plunder – Kosmos 94.1



Keetmans se groentetuin ‘staan stil’, gemeenskap plunder

Die Karas-koördineerder van die Nasionale Jeugraad, Brandy Lufuma, sê die jeug-tuinbouprojek by Keetmanshoop het steeds die potensiaal om werkloosheid en voedselsekerheid in die dorp aan te spreek – sodra dit uitbrei. Die projek is drie jaar terug geloods en het sedertdien geen groei aangeteken nie. Daar is steeds net vier vrywilligers bestuur met kool, spinasie, tamaties, sprietuie, rooi-uie en brandrissies wat aangeplant word. Lufuma meen die tuine kan Keetmanshoop en die omliggende gebiede met groente voorsien mits dit uitbrei. Sy voeg by dit sal ook help as gemeenskapslede ophou om in die nag groente te kom steel. Die Nasionale Jeugdiens en -Jeugraad het 1 miljoen Namibiese dollar bestee om kweekhuise vir tuinbouproduksie in al 14 streke op te rig. Die raad is verantwoordelik vir die produksie. 



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.