Twee mans naby Okahandja vasgetrek met luiperdvel
Twee mans verskyn na verwagting môre in die landdroshof op Okahandja nadat hulle gearresteer is met ‘n luiperdvel in hul besit. Volgens die Namibiese polisie se hoof van gemeenskapsake in die Otjozondjupa-streek, inspekteur Maureen Mbeha, is die twee mans van 24 en 36 jaar oud by die T-aansluiting van die Hochfeld-Okahandja-pad noord van Okahandja, gearresteer. Die verdagtes het geen permit van die luiperdvel in hul besit gehad nie.
Leave a Reply