ACC-ondersoekbeampte getuig in Esau se borgtog-aansoek – Kosmos 94.1

Home Uncategorized ACC-ondersoekbeampte getuig in Esau se borgtog-aansoek – Kosmos 94.1
ACC-ondersoekbeampte getuig in Esau se borgtog-aansoek – Kosmos 94.1



ACC-ondersoekbeampte getuig in Esau se borgtog-aansoek

Die Teenkorrupsie-kommissie van Namibië se hoof-ondersoekbeampte in die Fishrot-saak, Andreas Kanyangela, het in die Windhoekse hoërhof getuig dat die Fishrot-beskuldigdes ’n maatskappy gestig het onder die naam Namgomar Pesca SA, wat viskwotas ontvang het. Kanyangela was in die getuiebank tydens die bortog-aansoek van die voormalige minister van visserye en Fishrot-beskuldigde, Bernhardt Esau en Nigel van Wyk. ’n Ander Fishrot-beskuldigde, Ricardo Gustavo, was die direkteur van die maatskappy. Kanyangela voer aan dat Gustavo se Namibiese maatskappy, Paw Print Investment, sy naam na Namgomar Pesca Namibia verander het. Kanyangela het getuig dat Namgomar Pesca SA ’n kwota vir 50 000 metrieke ton maasbanker ontvang het, wat destyds sowat 150 miljoen Namibiese dollar beloop het en nie een sent van daardie geld is tot voordeel van Namibië aangewend nie. Die borgaansoek duur vandag voort voor regter David Munsu.



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.