Zanu-PF veroordeel verkiesingswaarnemers van SAOG
Die regerende party in Zimbabwe, Zanu-PF, het die hoof van die Suider Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se verkiesingswaarnemers, Nevers Mumba, veroordeel nadat hy die geloofwaardigheid van die land se verkiesing bevraagteken het. Die SAOG-sending het Vrydag ‘n striemende verslag uitgereik oor dié week se verkiesing in die buurland. Mumba sê die Zimbabwiese verkiesingskommissie het nie sy grondwetlike verpligting nagekom nie. Hy het ook nie volgens die Kieswet opgetree of SAOG-beginsels nagekom nie. ‘n Woordvoerder van die Zanu-PF, Chris Mutsvangwa sê Mumba moet Zimbabwiese wette respekteer.
Leave a Reply