Rugby: Springbokke vier rekord-sege oor All Blacks
Rugby: Die heersende kampioen, Suid-Afrika, het hul Wêreldbeker-voorbereiding voltooi met ‘n rekord-oorwinning van 35-7oor 14-man Nieu-Seeland, nadat die All Blacks gisteraand hul grootste nederlaag van alle tye op Twickenham gely het. Die Springbokke het vyf drieë gedruk, deur kaptein Siya Kolisi, vleuel Kurt-Lee Arendse, haker Malcolm Marx en plaasvervangers Bongi Mbonambi en Kwagga Smith – almal verdoel deur losskakel Manie Libbok. Die uitslag beteken ook Suid-Afrika het hul vorige oorwinnings-marge teen aartsvyande Nieu-Seeland van 17-0 in Durban in 1928 oortref. Kolisi sê hulle is gelukkig, maar wil steeds hul spel verfyn.
Leave a Reply