Rugby: Talle opwarmingswedstryde voor Wêreldbeker-toernooi
Rugby: Talle Wêreldbeker-opwarmingswedstryde word vandag en môre gespeel. Die 2003-kampioen, Engeland, pak Fidji op Twickenham, en Skotland kom op Murrayfield teen Georgië te staan. Italië pak Japan op tuisgrond in Treviso, terwyl Spanje en Argentinië in Madrid kragte meet. Dan draf Ierland en Samoa uit in Bayonne, Frankryk. Môre speel die Wêreldbeker-gasheer, Frankryk, teen die tweemalige kampioen, Australië, op die Stade de France in Parys, waar die toernooi op 8 September begin met die openingswedstryd tussen Frankryk en die driemalige kampioen, die All Blacks. Plaaslik takel die Namibiese rugbyspan die Blou Bulle vanmiddag om vier-uur op die Vegkop-stadion by Windhoek Hoërskool.
Leave a Reply