Gaboen-staatgreep kan sekuriteit verder vererger
Africa Risk Consulting sê ‘n staatsgreep in Gaboen kan die reeds brose politieke situasie in die land vererger. Soldate het vroeër die mag oorgeneem en die uitslag van die verkiesing herroep, wat deur President Ali Bongo gewen is. Bongo is sedertdien in huis-arres. Die sekretaris-generaal van die Statebond, Patricia Scotland, het die noodsaaklikheid beklemtoon vir lidlande om die oppergesag van die reg en demokratiese beginsels te handhaaf. Africa Risk Consulting se direkteur, Tara O’Connor, sê geskiedkundige gevalle van militêre ingryping kan ook baie nadelige gevolge inhou:
Leave a Reply