Skuldverlening daal, privaatsektor het geen aptyt nie
Privaatsektor kredietverlening het in Julie 2023 met ‘n skamele 0,035 persent om ‘n maandelikse grondslag toegeneem, wat ‘n jaarlikse groei in krediet van 2,6 persent verteenwoordig. Sedert die begin van die jaar is 2,7 persent aangeteken, die tweede laagste groeigemiddeld sedert 2004. Volgens Simonis Storm het kredietverlening in die afgelope 20 jaar teen ‘n koers van minus 9,8 persent verlangsaam. Die totale skuld in die privaatsektor is net onder 120 miljard Namibiese dollar waarvan 55 persent deur huishoudings geskuld word, 38 persent deur die sakesektor en 6 persent deur buitelanders. Besighede het minder geleen in Julie terwyl huishoudings se skuld met 5,5 persent gegroei het op ‘n jaargrondslag.
Leave a Reply