Aandele terugkoop-program voordelig vir Trustco
Die Trustco-groep het ‘n aandele terugkoop-program aangekondig. Dit word uitgevoer gedurende sy geslote tydperk wat vandag begin. Luidens ‘n verklaring kan Trustco of ‘n filiaal tot net meer as 197 000 000 aandele direk, of net minder as 99 000 000 aandele via ‘n filiaal terugkoop, onderhewig aan noteringsvereistes van die Johannesburg effektebeurs. Die program wat rondom 30 November sluit, is voordelig vir die maatskappy, veral in die lig van die huidige aandeelprys, soos Quinton van Rooyen Jr. verduidelik.
Leave a Reply