ANC in KwaZulu-Natal bring hulde aan Butelezi
Die ANC in KwaZulu-Natal het hulde gebring aan die stigter en president van die Inkatha Vryheidsparty, Mangosuthu Buthelezi, wat vanoggend in die ouderdom van 95 oorlede is. DIe party beskryf hom as ‘n reus wat uitgetroon het vir die Zulu-nasie en lig sy aansienlike rol uit in die Suid-Afrikaanse politiek. Die ANC se provinsiale woordvoerder, Mafika Mndebele, huldig Buthelezi as ‘n voortreflike staatsman en toegewyde Zulu-tradisionele eerste minister. Mndebele sê die ANC het die premier van KwaZulu-Natal, Nomusa Dube-Ncube, opdrag gegee om president Cyril Ramaphosa te vra om aan Buthelezi ‘n kategorie een-staatsbegrafnis toe te ken.
Leave a Reply