Veediefstal maak weer sy verskyning op misdaadverslag
Veediefstal duur voort. Die Namibiese polisie sê twee bees is deur stropers op ‘n plaas wes van Okahandja geskiet. ‘n Derde bees is gewond. Die stropers het die twee diere geslag en ingewande agtergelaat. Die waarde van die diere word op 39 000 Namibiese dollar beraam. In die Ooste, op Plessis-plaas is daar in twee afsonderlike voorvalle twee mans in hegtenis geneem vir die besit van skaapvleis waarvoor hulle geen rekenskap van besit kon gee nie.
Leave a Reply