Grotverkenner Dickey gered
Die Amerikaanse grotverkenner Mark Dickey is gered. ‘n Span van meer as 150 reddingswerkers het dae lank in fases meer as 1 000 meter ondergronds af beweeg. Die 40-jarige Mark Dickey was op ‘n internasionale verkenningsending in die Morca-grot in die Mersin-provinsie se Taurus-berge toe hy op ‘n diepte van 1 040 meter aan gastroïntestinale bloeding begin ly het. Hy sê daar was dae wat hy getwyfel of hy dit sal maak.
Leave a Reply