Duisende vermis in Libië na vloede
Daar word gevrees dat minstens 10 000 mense in Libië vermis geraak het in vloede wat veroorsaak is deur ‘n geweldige storm wat damme laat bars het, geboue weggevee het en soveel as ‘n kwart van die oostelike stad Derna uitgewis het. Meer as 1 000 lyke is reeds in Derna alleen opgespoor en amptenare verwag dat die dodetal baie hoër sal styg. Ander oostelike stede, insluitend Libië se tweede grootste stad Benghazi, is ook deur die storm getref, en Tamer Ramadan, hoof van ‘n afvaardiging van die Internasionale Federasie van die Rooi Kruis, het gesê die dodetal sal “groot” wees.
Leave a Reply