Regter moet onttrek, sê sentrale bank in Trustco saak
‘n Statusverhoor is vandag in die saak van die Bank van Namibië en Trustco Bank gehou. Die sentrale bank poog om regter Eileen Rakow te dwing om te onttrek as regter in die verhoor. Die sentrale bank voer aan dat Rakow in November ten gunste van Collexia Investments, die derde respondent in die aansoek, bevind het en dus, moet haar objektiwiteit bevraagteken word. Dit is ‘n interloktêre aansoek in die Bank van Namibië se aansoek om Trustco Bank te likwideer.
Leave a Reply