Ondersteun die kreatiewe bedryf, vra parlementslid
Henny Seibeb, parlementslid van die Landless People’s Movement (LPM), het vandag in die Nasionale Vergadering ‘n groter vlak van erkenning en respek vir die Namibiese kreatiewe bedryf bepleit. Seibeb het gesê die regering moet kyk hoe hy die sektor kan ondersteun, sodat dit ook ten volle tot die nasionale ekonomie kan begin bydra. Hy het ook ‘n Namibiese Hall of Fame voorgestel, omdat dit die jeug sal aanmoedig om die bedryf ernstig op te neem.
Leave a Reply