President na New York vir VN vergadering – Kosmos 94.1

Home Uncategorized President na New York vir VN vergadering – Kosmos 94.1
President na New York vir VN vergadering – Kosmos 94.1



President na New York vir VN vergadering

President Hage Geingob het vandag na New York vertrek om die 78ste sitting van die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering by te woon, wat Sondag begin. Minister van presidensiële sake, Christine ||Hoebes, het gesê president Geingob sal na verwagting Woensdag sy hoofverklaring lewer. Die president gaan ook deelneem aan die Korporatiewe Raad van Afrika, ‘n rondetafel wat die kritieke minerale- en energie-oorgang in Afrika sal assesseer. Die platform bied ‘n geleentheid vir Namibië om sy posisie ten toon te stel as een van die voorste bestemmings vir mynboubeleggings en groen oplossings, wat Namibië bevorder deur die ontwikkeling van ‘n groenwaterstofbedryf.



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.