Nekundi wil NSFAF-skuld afskryf en vervang met werkskeppingprogram – Kosmos 94.1

Home Uncategorized Nekundi wil NSFAF-skuld afskryf en vervang met werkskeppingprogram – Kosmos 94.1
Nekundi wil NSFAF-skuld afskryf en vervang met werkskeppingprogram – Kosmos 94.1



Nekundi wil NSFAF-skuld afskryf en vervang met werkskeppingprogram

Uitstaande studenteskud by die Nasionale Studente-hulpfonds bly ‘n uitdaging. Die fonds het onlangs bevestig dat 81 persent van die begunstigdes opgespoor is vir invordering, met miljarde wat uitstaande is. Nou wil die adjunk-vervoerminister Veikko Nekundi ‘n mosie in die parlement ter tafel lê wat die aanslag verander. Volgens plaaslike media wil Nekundi die skuld afskryf onder ‘n program van innovering in entrepreneurskap wat ontwikkel moet word, sowel as kapasiteitsversterking. Gegradueerdes kry nie werk nie en Nekundi meen daar is geen navorsing of ‘n plan om die stand van sake om te keer nie. Hy sê gegradueerdes is werkloos as gevolg van ‘n gebrek aan innovering in werkskepping en daarom kan begunstigdes nie hul lenings kan afbetaal nie.



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.