Dit was die Kaap van storms
Dele van Suid-Afrika se Suidkus, van die Wes-Kaap deur tot die Oos-Kaap het deurgeloop onder uiterse hoë deinings wat verskeie gebiede Saterdag verspoel het. Sosiale media was vol video’s van voertuie wat meegesleur is die die water en besighede en huise op die seefront wat oorstroom is. Daar was ook swaar neerslae met riviere wat oorstroom het. Bikini Beach by Gordonsbaai het erg deurgeloop en daar was uitdagings omdat inwoners al langs die kus, nader beweeg het om die deinings te sien. Landwater waarsku dat die toestande teen die kus vandag erger kan wees as Saterdag, veral langs die Tuinroete.
Leave a Reply