Los Bok-handelsmerk uit, sê SA rugby-unie
Die Suid-Afrikaanse Rugby-unie waarsku hy sal maatskappye vervolg wat sy intellektuele eiendomsregte skaad. Dit volg na SARU ‘n hofbevel teen die voedselvervaardiger Eskort gekry het om sy bemarkingsveldtog wat die Springbok-handelsmerk gebruik, stop te sit. Die Hooggeregshof in Johannesburg het die maatskappy beveel om ‘n banier buite die OR Tambo-internasionale lughawe te verwyder. Die saak sal op ‘n latere datum beredeneer word. SARU het ook daar in geslaag om kleinhandelaars te stop om vervalste uitrustings te verkoop wat die Rugby-Wêreldbekerkoors uitbuit.
Leave a Reply