Pogings duur voort om Gamsberg-brand onder beheer te bring
Boere, lodge-eienaars en lede van die gemeenskap stoei met ‘n reuse-brand wat Sondagnamiddag ontstaan het wes van Rehoboth in die Gamsberg-gebied rondom die C26-roete. Teen middernag het brandbestryders gekeer dat die vuur van die berg af kom na die graslande toe en dit wil voorkom asof hulle geslaag het. Teen vyf-uur vanoggend lui berigte vanaf die toneel dat die brand in die berge is en dat daar tans niks is wat gedoen kan word nie. Die situasie word aan beide kante gemonitor.
Leave a Reply