Ondersoek veldbrande in Noordwes, vra DA
Die DA in Noordwes pleit by die kommissaris van Polisie in Noordwes, Sello Kwena, om ‘n taakspan saam te stel om die voortslepende brande in die provinsie te ondersoek, wat infrastruktuur in die provinsie teiken. Die pleidooi volg in die nasleep van ‘n verwoestende brand wat die Manyane-oord die naweek verswelg het. Die woordvoerder oor Gemeenskapsveiligheid en Vervoerbestuur in Noordwes, Freddy Sonakile, beskryf die brande as moontlike dade van ekonomiese sabotasie wat miljoene rande se finansiële verliese veroorsaak het.
Leave a Reply