Maren de Klerk soek sy geld, bring nuwe aansoek

Home Uncategorized Maren de Klerk soek sy geld, bring nuwe aansoek
Maren de Klerk soek sy geld, bring nuwe aansoek



Maren de Klerk soek sy geld, bring nuwe aansoek

Die omstrede prokureur Maren de Klerk, wat steeds in Suid-Afrika is, het ‘n aansoek in die hoërhof teen die aanklaer-generaal teruggetrek. Die saak handel oor bates wat gevries is. Martha Imalwa se kantoor het 1,8 miljoen Namibiese dollar in De Klerk se rekening en 4,6 miljoen dollar in sy regsfirma se rekening, gevries. Die saak is voor regter Boas Usiku teruggetrek omdat De Klerk dieselfde aansoek ingedien het in die saak waar Imalwa ‘n bevel vir die bevriesing van sy bates op 2 Desember verlede jaar ontvang het. Hy het in die daardie saak ‘n interlokus aansoek gebring en sê die bevel om sy bates te vries is nie op hom gedien nie. ‘n Uitleweringsversoek is reeds deur minister Yvonne Dausab aan Suid-Afrikaanse owerhede gestuur. De Klerk het reeds verskyn en is 50 000 dollar se borg toegestaan. Sy uitleweringsverhoor begin op 26 September. Die Fishrot-verhoor is geskeduleer om op 2 Oktober te begin. 



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.