Laerskool-leerders hospitaal toe gejaag na hulle daggakoekies eet
Die LUR vir Onderwys in Gauteng, Matome Chiloane, het kommer uitgespreek nadat 90 leerders van graad R tot graad 7 aan ‘n laerskool in Soshanguve na die hospitaal gehaas is toe hulle naarheid en braking ervaar het van wat na bewering daggakoekies was. Die woordvoerder, Steve Mabona, sê die leerders het koekies wat soos kolwyntjies gelyk het, wat vermoedelik met dagga gemaak is, geëet nadat hul dit op pad skool toe by ‘n straatverkoper gekoop het. Mabona sê die leerders is hospitaal toe gehaas nadat opvoeders hulle vreemde gedrag in die klas opgemerk het:
Leave a Reply