Hoekom so baie aartappels en uie invoer?
Die Namibiese Statistieke-agentskap se data vir die tweede kwartaal toon dat Namibië 17,2 miljoen Namibiese dollar se aartappels ingevoer het, asook 8,7 miljoen dollar se appels, 7 miljoen dollar se uie en 4,6 miljoen dollar se piesangs. Kosmos 94.1 Nuus het met die veteraan-besigheidspersoonlikheid dr. Leake Hangala gepraat, wie gesê het ons moet ons eie voedsel-inisiatiewe begin in plaas daarvan om soveel van ander lande af in te voer.
Leave a Reply