Verwelkom migrante in Europa, vra Pous
Pous Franciskus veroordeel “strydlustige nasionalismes” en vra vir ‘n pan-Europese reaksie op migrasie om te keer dat die Middellandse See, waar duisende verdrink, “die begraafplaas van waardigheid” word. Franciskus het hom uitgespreek ten gunste van die verwelkoming van migrante in ‘n toespraak Saterdag by ‘n kerkkonferensie in Marseille. Volgens die VN se vlugtelingagentskap UNHCR het sowat 178 500 migrante vanjaar via die Middellandse See na Europa gekom, terwyl sowat 2 500 gesterf of vermis geraak het.
Leave a Reply