Renostergetalle in Afrika styg vir die eerste keer sedert 2012
Die jongste verslag van die internasionale verbond vir natuurbewaring onthul positiewe groei in die renosterbevolking in Afrika in 2022. Die voorsitter van die organisasie se Afrika-renoster-spesialisgroep, Michael Knight, sê daar was verlede jaar ongeveer 23 300 renosters op die vasteland. Swartrenosters se getalle het met 4,2 persent tot 6 487 toegeneem en witrenostergetalle het met 5,6 persent gestyg tot 16 803. Dit was die eerste toename van 2012 af. Meer as 550 renosters is egter in 2022 op die vasteland deur stropers afgemaai, meestal in Suid-Afrika.
Leave a Reply