Duisende betoog in Parys teen polisiegeweld
By die 80 000 mense het gister in Frankryk opgeruk teen polisiegeweld in betogings wat gereël is deur linkses, met botsings wat uitgebreek het tydens die optog in Parys. Die landwye betogings kom net minder as drie maande nadat ‘n polisielid ‘n jeugdige by ‘n verkeerspunt tromp-op doodgeskiet het, wat uitgeloop het op meer as ‘n week van onluste in Parys en elders. Volgens berigte het die betogers gefokus op ‘n artikel van die Interne Sekerheidskode wat die owerhede meer beweegruimte gee om te skiet wanneer ‘n verdagte weier om saam te werk.
Leave a Reply