Trustco Bank se aansoek teen sy likwidasie vandag in die hof
Die saak waar Trustco Bank die sentrale bank se aansoek vir Trustco Bank se likwidasie ter syde wil stel, kom vandag voor regter Nate Ndauendapo voor vir ‘n statusverhoor. In die Bank van Namibië se September 2022 aansoek sê sy goewerneur, Johannes !Gawaxab, hulle vir twee jaar Trustco Bank betrek het in ‘n poging om regulatoriese nakoming te bewerkstellig en uiteindelik die finansiële volhoubaarheid van die bank te verseker. Maar, hy sê die bank gaan voort om te funksioneer sonder ‘n goedgekeurde lewensvatbare sakeplan en voldoende kapitaal om enige planne uit te voer, wat noodsaaklik is vir die lewensvatbaarheid en volhoubaarheid van die besigheid. Trustco vra vandag vir uitstel tot 4 Oktober om te verseker dat die rekord wat hy ontvang het, volledig is.
Leave a Reply