Jong meisies sonder toestemming tot intimiteit gedwing
Volgens misdaadverslae het twee jong meisies onlangs in die noorde van die land klagtes gelê nadat hulle gedwing was om met mans intiem te wees. ‘n Graad 5-leerling van die dorp Iinongo in die Oshikoto-streek is in Februarie na ‘n man se kamer geroep waar hy haar met ‘n pistool gedreig en teen haar sin met haar gemeenskap gehad het. Sy het nie haar ouers verwittig nie omdat sy bang was. Die man het haar vandeesweek weer met ‘n pistool gedreig en ‘n saak is oopgemaak. Die polisie soek nog na hom. ‘n Nege-jaar-oue meisie is na bewering Maandag deur haar 17-jarige broer verkrag in die Ohangwena-streek, en hy is in hegtenis geneem.
Leave a Reply