LPM kap teenkorrupsiekommissie oor ‘heksejag’
Twee raadslede en ‘n amptenaar van die Karasburg-dorpsraad wat in die Karasburg-landdroshof verskyn het ná hul inhegtenisname deur die teenkorrupsiekommissie, is nog steeds agter tralies. Burgemeester Maria Veldskoen, voorsitter van die bestuurskomitee Franciskus Skeyer en waarnemende uitvoerende hoof Hansina Isaacks word ingevolge die Wet op Anti-Korrupsie aangekla weens beweerde korrupte gebruik van die kantoor en sameswering om oortredings te pleeg. LPM-woordvoerder Lifalaza Simataa het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê daar is vele belangriker kwessies wat nie deur die kommissie aangespreek word nie, maar hierdie saak kry onverdeelde aandag.
Leave a Reply