Voormalige Air Namibia werkers kry hul uitstaande geld
Die Namibiese finansiële instellings toesighoudende owerheid kondig aan hy het vandag Air Namibia se likwidateurs opdrag gegee om pensioenfondsgeld aan lede uit te betaal. Meer as 600 voormalige werknemers van die nasionale lugdiens wag al meer as drie jaar vir die geld. Vroeër vandeesweek het van die voormalige werknemers by Namfisa se kantore in Windhoek bymekaargekom om die oorsaak van die vertraging uit te vind. Cronje Law Practice en Namibia Liquidations hanteer die verspreiding van die fondse. Kosmos 94.1 Nuus het met Namfisa se woordvoerder, Victoria Muranda, gepraat.
Leave a Reply