Eiertekorte looi klein besighede – Kosmos 94.1

Home Uncategorized Eiertekorte looi klein besighede – Kosmos 94.1
Eiertekorte looi klein besighede – Kosmos 94.1



Eiertekorte looi klein besighede

Klein sake-ondernemings in die buurland wat hoendereiers moet gebruik, word ernstig geraak deur die hoendervleis- en eiertekort wat weens voëlgriep ontstaan het. Straatverkopers in Johannesburg se middestad sê hul produksiekoste het skerp gestyg weens die maande lange skaarste wat in die Wes-Kaap begin en na ander streke versprei het. Hul winste het egter gedaal. Verkopers sê hulle is genoodsaak om eiers duur aan te koop van spazawinkels, omdat winkels klante se eieraankope beperk. Kleinhandelaars oorweeg nou verskeie moontlikhede om ‘n bestendige eiervoorraad te verseker – soos om eiers in te voer. 



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.