ActionSA vra ondersoek na premier Winde se duur reis
ActionSA in die Wes-Kaap het die speaker van die provinsiale wetgewer, Daylin Mitchell, formeel gevra dat die etiekkomitee ondersoek doen na die 1,6 miljoen Suid-Afrikaanse rand wat premier Alan Winde op sy onlangse reis na die Verenigde State bestee het. Die party is veral bekommerd oor berigte dat 535 duisend rand aan hotelle bestee is, 140 duisend rand aan kos en drank, en 454 duisend rand aan vliegkaartjies. ʼn Woordvoerder van ActionSA, Michelle Wasserman, sê hierdie buitensporige bedrae regverdig ‘n ondersoek.
Leave a Reply