Springbok-sewes gaan Parys toe
Die Springbok-sewes se vrouespan het hulle plek bespreek in volgende jaar se Olimpiese Spele in Parys. Suid-Afrika het Rugby Afrika Vroue-sewes se eindwedstryd teen Kenia in Tunisië met 12-sewe gewen om vir die Olimpiese Spele te kwalifiseer. Hulle het Zambië in die halfeindronde met 31-nul verslaan. Afrigter Renfred Dazel sê hy is baie gelukkig dat die spelers wat so hard gewerk het, dit bereik het wat hulle in 2016 en 2020 ontglip het. Hy sê dis belangrik vir Suid-Afrika se vrouerugby in die algemeen:
Leave a Reply