Man, 51, aangekla op poging tot moord van sy seun vir N$2m-lewensdekking
George Kashava, 51, het in die landdroshof in Katutura verskyn op twee klagtes, poging tot moord en sameswering om iemand moord te laat pleeg. Kashava wou volgens die staat, sy 29 jarige seun laat vermoor sodat hy die 2 miljoen Namibiese dollar se dekking op sy lewe, kon eis. Hy het mense betaal om die moord te pleeg, hulle het die polisie ingelig. Adjudant-offisier Silas Shipandeni het die besonderhede met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.
Leave a Reply