Daar’s goeie nuus: Renoster-getalle tel op
Bewaringsbewustes voorspel dat die renosterbevolking in Afrika, waarvan 80 persent in Suid-Afrika is, teen volgende jaar sal aanhou groei weens ‘n merkbare afname in stropery. Volgens die Internasionale Unie vir Natuurbewaring was daar teen einde verlede jaar bekend dat sowat 23 000 renosters in Afrika voorkom. Die toename in getalle is deur die unie op 4,2 persent vir swartrenosters geraam, terwyl die syfer vir witrenosters op 5,6 persent staan. Dit is die eerste sedert 2012 dat daar ‘n toename in getalle is.
Leave a Reply