Malema sê die ANC sal hom nie stilmaak nie
Die EFF-leier, Julius Malema, het beloof die staat sal nie sy politieke idees onderdruk nie. Hy beskuldig die staat dat hy sy mag, die howe en sekerheidsmagte gebruik om hom stil te maak, maar hou vol dit sal nie slaag nie. Malema het sy ondersteuners voor die landdroshof in Oos-Londen, Oos-Kaap toegespreek ná sy onsuksesvolle poging om ‘n wapenverwante aanklag teen hom te laat vaar. Die saak teen Malema en sy lyfwag, Adriaan Snyman, is tot Julie volgende jaar uitgestel:
Leave a Reply