Die hitte hou net aan
Volgens die weervoorspelling vir môre sal koeler weer in die suide voortduur, met buie en donderbuie wat na verwagting in die noordooste sal uitsak. Die binneland sal gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm wees in die noordooste met enkele donderbuie. Elders sal dit sonnig en warm tot baie warm wees. Aan die kus sal dit gedeeltelik bewolk en koel tot matig wees met miskolle in die oggend. Kosmos 94.1 Nuus het met weervoorspeller Richard Nashikaku gepraat oor wanneer ons reën kan verwag.
Leave a Reply