Onpartydige samewerking bring resultate – Seibeb
Die Swapo regering vat op die oomblik die krediet vir die beslissing dat geen onverwerkte kritieke minerale, soos litium, die land meer sal verlaat nie. Daar is op die oomblik vrag wat by Namport wag om China toe uitgevoer te word wat deur die polisiehoof luitenant-generaal Joseph Shikongo gestop is. Maar, daar word nie melding gemaak van die mosie in April wat deur die LPM se Henny Seibeb gebring is oor litium-ontginning in die land nie. Hy het die bespreking in die parlement van stapel gestuur en hy sê aan Kosmos 94.1 Nuus dis verblydend dat president Hage Geingob gehoor gegee het.
Hy sê met samewerking kan groot sukses behaal word.
Leave a Reply