Eindstryd: Mees ervare Bokspan draf Saterdag uit
Die mees ervare Springbok-span ooit speel Saterdag in die Wêreldbeker-eindstryd teen die All Blacks in Parys. Die Bok-afrigter Jacques Nienaber het twee veranderinge aangebring aan sy begin-15 met Faf de Klerk en Handré Pollard wat in die plek van Cobus Reinach en Manie Libbok uitdraf. Nienaber het ook besluit op ʼn sewe-een-verdeling op die plaasvervangersbank om Trevor Nyakane, Jean Kleyn, en Jasper Wiese in te sluit. Kleyn, wat Ierland by die vorige Wêreldbeker verteenwoordig het, sê dis spesiaal om deel van die groep te wees:
Leave a Reply