Verkryingswette in SA los teenkorrupsie-agentskap uit
Die Suid-Afrikaanse hoofregter Raymond Zondo sê hy is bekommerd oor die weglating van ʼn teenkorrupsie-agentskap vir openbare verkryging in die Wetsontwerp op Openbare Verkryging wat in die Parlement oorweeg word. Die Staatskapingskommissie se verslag bevat tien aanbevelings om korrupsie in openbare verkryging te bekamp. Slegs vier hiervan is in die wetsontwerp vervat. Zondo sê die sleutel om korrupsie vas te vat, is strenger toekenning van tenders, maar dis onmoontlik as wetgewing dit nie toelaat nie.
Leave a Reply