Huldeblyke vir Epupa se ‘Oom Koos’
Huldeblyke stroom in vir Koos Verwey, die eienaar van Epupa Lodge and Campsite. Verwey is Vrydag oorlede. Hy het vroeg in Oktober van die dek by die lodge afgeval en ernstige beserings opgedoen. Hy is na Windhoek oorgeplaas en het verskeie operasies ondergaan. Daar was op ‘n stadium ook berigte dat hy verlam sou wees. Verwey was jare lank in die Kunene-streek aktief en was betrokke in bewarings-inisiatiewe sowel as by die plaaslike gemeenskappe, veral die ikoniese Himba. Hy was 68 jaar oud.
Leave a Reply