Trofee is vir SA, sê Kolisi
Rugby: Die Springbok-kaptein, Siya Kolisi, sê hulle het die Wêreldbeker vir die hele land gewen. Duisende Suid-Afrikaners het die Bokke vanoggend op die OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng ’n helde-ontvangs gegee. Hulle het die trofee wat hulle vier jaar gelede in Japan gewen het, teruggebring nadat hulle slegs die tweede span geword het wat hulle titel kon verdedig, en die eerste nog om die Wêreldbeker vier keer te wen. Kolisi hoop die oorwinning sal ‘n betekenisvolle uitwerking op Suid-Afrika hê.
Leave a Reply