Tsumeb man wat kleuter opgrawe borg geweier
Die Tsumeb-landdroshof het borg aan die 40-jarige man wat die oorskot van ‘n twee-jarige kind op Tsumeb opgegrawe het, geweier. Lukas Sikerete het sy eerste verskyning gemaak en sy saak is tot 10 Januarie volgende jaar uitgestel. Sikerete het na bewering die kind se graf oopgemaak en sy bene en skedel uitgehaal. Dit is by sy huis, ongeveer 200 meter van die begraafplaas af, deur owerhede gevind. Hy het verskyn op aanklagte van grafskending en lykskending.
Leave a Reply