Lichtenstrasser skuldig aan NIMT-moorde
Ernst Lichtenstrasser is deur regter Christie Liebenberg skuldig bevind op die moorde van Eckhard Mueller en Heimo Hellwig, twee direkteure van die Namibiese Instituut vir Mynbou en Tegnologie op Arandis op 15 April 2019. Die moord het groot opslae gemaak omdat dit soos ‘n professionele sluipmoord voorgekom het. Dit het vroeg in die oggend plaasgevind toe die twee mans aangekom het vir werk, net na sewe-uur. Daar was geen getuies nie. Die hofsaak is gekenmerk deur uiters wisselvallige getuienis deur die 61-jarige Lichtenstrasser.
Leave a Reply